Heel eerste dink ek moet ons verklaar en duidelikheid skep oor die definisie van wat digitale pedagogie werklik is. Wanneer ek, ons menslik daaroor dink sal ons seker aflei dat die definisie iets moet lei as volg... Pedagogie is onderrig van leerder deur onderwyser/ dosent met behulp dan van digitale middele soos elektronika en dat tegnologie die hoofbeen van Digitale Pedagogie is. Of te wel 'n meer gekonstruktueerde definisie sal lei dat digitale pedagogie die gebruik van tegnologie as poging om die ervaring van onderrig te verryk of te verander
Wel volgens Paul Fyfe se "Digital Pedagogy Unplugged" artikel is digitale pedagogie nie noodwendig slegs elektronies nie en speel tegnologie nie werklik sulke groot en alleenlike rol in Digitale Pedagogie nie.
Digitale pedagogie is nie werklik die enigste manier is ons leerders se aandag te kan behou tydens klasse, hulle geinteresserd te hou gedurende lesse of optimum stimulasie in verskeie onderrig gebiede te voorsien nie. Fyfe vertel ons dat daar wel verskeie ander maniere kan wees om bogenoemde verwagtinge te oorkom sonder die hulp van elektroniese aparate of elektronika soos rekenaars en projekters hoofsaaklik. Sonder dat leerders verveelt raak wanneer onderwyser vanaf PowerPoint skyfies aflees of nie aktiewe interaksie met leerders het nie.
In die artikel lees ons van "Teaching Naked" wat nie wel letterlik kaal beteken nie, maar wel net beteken om leerders te onderrig sonder die gebruik van rekenaars of projekters en om eerder meer deel te neem aan klasgesprekke. En dat die digitale deel van "Digital Pedagogie" nie noodwendig digitaal moet wees nie, maar eerder iets wees wat interaktiewe, normale en ontspanne klasgesprekke bevorder en inisieer om sodoende beter onderrig te ontvang en en beter te verstaan en te onthou wat in die klasse aangebied word.
No comments:
Post a Comment